The Oxford Comma

Posted by & filed under Video.

I’m a great fan of TEd-Ed. I saw this video on my facebook feed and found it so informative and cute that I had to share it.

 

 

 

Moedersmelk

Posted by & filed under Afrikaans, Scribbles.

Afrikaans is my moedertaal. Wel, eintlik tegnies gesproke my vaderstaal aangesien my ma half-Engels is.

 

Die feit bly staan dat ek malverlief is op my taal. Maar soos met enige normale verhouding, voel ek soms minderwaardig. Ek voel ek skeep my moedertaal af. Ek skryf meestal in Engels en het al boeke en korter verhale gepubliseer wat ek in die vyandstaal geskryf het.

 

Waarom dan hierdie affair met Engels? Ek druk tog myself beter in Afrikaans uit. Ek vertel my beste stories in Afrikaans. My antwoord? Afrikaans skryf is soos fietsry: Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit en hoe beter jou kanse om sonder bebloede knieë en elmboë van die proses weg te hinkepink. Dit is soos ‘n spier wat geoefen moet word anders hang dit net drellerig en pap.

 

Afrikaans is lekker. Woorde soos rinkink en jubel en mengelmoes en rondomtalie klink so mooi en rol tog so lekker van die tong af.

afrikaans

LAASTE GEDAGTE:

My glas is altyd half vol. Maar as dit by my taal kom, is my glas beslis vol moedersmelk.